Aanhou Wen

Met uitnemendheid, kinders tot hulle volle potensiaal te ontwikkel, gegrond op Christelike waardes.

Welkom by Laerskool Bertie Barnard

Hier by ons pragtige skool, waar ons al vir die laaste 65 jaar aan ons leerders verskeie aktiwiteite in kultuur, sport en akademie bied om vir hulle ‘n geleentheid te skep om daagliks in ‘n waardegedrewe omgewing te ontwikkel.

Ons streef daarna om elke leerder in ‘n veilige en gelukkige omgewing op te voed, ten einde te verseker dat alle leerders die geleentheid kry om optimaal toegerus te word om ‘n positiewe bydrae te kan lewer en om eendag sy/haar volwaardige
plekkie in ons samelewing vol te staan.

Diversiteit vorm hier ‘n integrale deel van menslike ontwikkeling in elke leerder se skoolloopbaan; hetsy in die klaskamer, op die sportveld, by leierskap- en kulturele aktiwiteite.

Hier is ons ‘n gelukkige familie, waar leerders nog lekker kan lag en waar ons alles in ons Skepper se naam aanpak. Ons vertrou dat dié klein blik op ons ambisieuse skool, by u as voornemende ouer die gevoel om deel van ons Bertie-familie te wees, sal aanwakker. Voel vry om enige tyd by ons te kom kuier en meer van ons skool te ervaar.

Personeel
0
Leerders
0
Klaskamers
0

Voorwoord – Skoolhoof van Laerskool Bertie Barnard

Welkom by Laerskool Bertie Barnard se amptelike webblad! As skoolhoof is dit vir my ‘n voorreg om elke besoeker hartlik te verwelkom by ons skoolgemeenskap.

Ons is trots om deel te wees van die pragtige kusdorpie Stilbaai, ’n juweel aan die Tuinroete en binne die Hessequa-streek geleë. Hier, waar natuur en gemeenskap mekaar met warmte ontmoet, floreer ons skool as ’n waarde-gedrewe, plattelandse laerskool met ongeveer 340 leerders.

By Bertie Barnard glo ons dat elke kind belangrik is. Ons missie is om elke leerder tot sy of haar volle potensiaal te ontwikkel, met uitnemendheid en gegrond op Christelike waardes.  Ons glo in die algehele ontwikkeling van ons leerders waar elkeen die geleentheid gebied word om die beste weegawe van hulself te wees. Ons visie is duidelik: om elke kind in sy of haar geheel op te voed, sodat hulle eendag hul plek in die samelewing met waardigheid en selfvertroue kan vol staan.

Ons nooi alle nuwe inwoners van Stilbaai en omliggende streke uit om deel te word van ons Bertie-familie – ’n hegte, ondersteunende en dinamiese gemeenskap waar die kind se belange altyd eerste gestel word.

Mag ons webblad vir u ‘n digitale venster na die harte en gees van ons skoolgemeenskap wees.

Vriendelike groete

Nicky Deetlefs
Skoolhoof
Laerskool Bertie Barnard

Bertie die Bosbok

Ons skool het ’n unieke gelukbringer wat deel is van ons identiteit – Bertie die Bosbok. Daar is spesiaal op die bosbok besluit omdat dit die bokspesie is wat eie aan Stilbaai is – ’n klein bok met ’n groot hart. Net soos ons leerders, is Bertie dapper, lojaal en trots op waar hy vandaan kom. Hy is ’n ware Stilbaaier en huiwer nooit om as ’n voorbeeld vir ander op te tree nie. Bertie is nie net ’n gelukbringer nie, maar ’n simbool van die waardes en gees wat ons by Laerskool Bertie Barnard koester.

Ons Waardes

Kontak ons